Bokspan vir Saterdag se toets in Mbombela aangewys

Loading player...
Springbok-afrigter Jacques Nienaber het drie veranderinge gemaak aan die beginspan wat teen Wallis uitgedraf het in hul laaste toets om Saterdag teen Nieu-Seeland in Mbombela te begin.
Malcolm Marx sal sy 50ste Boktoets speel. Hy vervang Bongi Mbonambi op haker.
Faf de Klerk begin op skrumskakel en sal met Jaden Hendrikse roteer.
Cheslin Kolbe se gebreekte kakebeen is die enigste verandering weens ‘n besering. Kurt-Lee Arendse sal in sy plek op regtervleuel begin.
2 Aug 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Luilekker Sondag: Jacques Lombard

Jacques Lombard is 'n bekende gesig in die Laeveld en hy onlangs 'n nuwe nering by sy lang lys aktiwiteite gevoeg: Dié van kunstenaar. Hy gesels met Luilekker Sondag.
20 Jul 8 min

Laevelder op pad na Pro Hyrox-kompetisie

Stephan Hartman het al twee keer aan Hyrox-kompetisies deelgeneem en pak in Augustus sy eerste pro-kompetisie in Kaapstad aan. Hy hoop om die SA-span te haal wanneer dit 'n Olimpiese sport word.
20 Jul 14 min

Hoë brandgevaar heers vandag in die Laeveld

Vandag is ‘n geen-brand dag nie, sê die Laeveld en platorand-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) weens die heersende weerstoestande, hoë brandgevaar en wind. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt oor die Laeveld brandseisoen.
17 Jul 9 min

Diefstal: Wanneer dit nie vreemdelinge is nie

Ons spandeer baie geld om mense uit ons huise en ondernemings te hou, maar hoeveel misdade begin met iemand wat wettig toegang gehad het: 'n kontrakteur, afleweringspersoon of voormalige werknemer? Callum McPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch.
16 Jul 16 min

LOMAC-lugskou eersdaags aangebied

Die Laeveld Modelvliegtuigklub (LOMAC) bied volgende Saterdag 'n lugskou aan. Alec Groenewald en Phillip Lewis gesels daaroor met Sonop Ontbyt.
15 Jul 15 min