Boekkeuse - 17 Aug 2022

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons het vandag drie manne as ateljee-gaste. Aan die woord is Rudie van Rensburg wat met Riette Rust gesels oor sy jongste roman, Monsters, Quintus van der Merwe wat aan die woord is oor sy roman, Om te lewe en om te sterwe en Emile Joubert wat oor sy jeug memoire, Krummels in my koffer gesels. Ons bespreek ook Adele Vorster se Tien-voor-Een; Quintus van der Merwe se Om te lewe en om te sterwe, asook ‘n kleuterboekbydrae en ‘n voorsmakie van Joan Hambidge se jongste bundel, Sanctus.