#DieGROOTBrekfis Ivor Swartz - Kies die Lewe

--:--
Dié September op VIA: Die lewe se lig en donker Die lewe is ’n lied In ’n nuwe geselsprogram praat Ivor Swartz, die aanbieder en skrywer van Kies die lewe, oor sy pad met depressie. Hy gesels met allerlei mense oor hul reis met die swart hond, angs en wat daarmee gepaard gaan. Volgens Ivor is stilbly oor geestesverwante siektes die eintlike “siekte van ons tyd”. Om daaroor te praat verander nie die werklikheid of die feite nie, maar dit verander die narratief. Bekendes soos Amanda Strydom, Amalia Uys en Antoinette Louw deel ook hul stories. Ons gesels oor die rimpeleffek van egskeiding, miskrame, selfdood-verlies , bipolêre depressie en liggaamsdismorfie. Dié program is geskoei op Ivor se boek wat die titel deel, uitgegee deur Lux Verbi Uitgewers. Vanaf 5 September, Maandae om 18:30 met heruitsendings op Dinsdae om 17:00
1 Sep 2022 Afrikaans South Africa Entertainment News · Comedy

Other recent episodes

#DieGROOTBrekfis Roan Ash

Roan Ash is terug in die land vir paar weke en het op #DieGROOTBrekfis by Ruben en Charonike kom inloer om op te vang en ook nuwe nuus te deel oor sy nuwe musiek! Luister gerus weer hier.
24 Apr 37 min

#DieGROOTBrekfis Liezel van der Merwe

Liezel van der Merwe het op #DieGROOTBrekfis kom gesels oor hoop as daar seer in die huwelik was. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
23 Apr 28 min