Boekkeuse - 21 SEPT 2022

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons het vandag die voorreg om vier ateljee-gaste te verwelkom. Aan die woord is Erla-Mari Diedercks wat met Riette Rust gesels oor haar jongste roman, Die bewonderaar, Helena Gunter wat aan die woord is oor haar kortverhale, Die hart het sy rede; Joan Hambidge wat oor haar digbundel, Sanctum, praat en ook Jan Braai wat oor sy jongste boek, Die Demokratiese Republiek van Braai 2 gesels.