Cele: Langtermyn oplossing nodig vir gemeenskappe en toeriste
--:--
Die polisie in Mpumalanga sê niemand is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin nie. Die polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, sê drie persone van belang is vir ondervraging ingeneem.
Die minister van polisie, gen. Bheki Cele, het gister saam met die nasionale polisiekommissaris, gen. Fannie Masemola, die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, die toneel besoek.