Komati afgesluit, maar nuwe lewe kom

--:--
Die steenkoolaangedrewe Komati-kragstasie in Middelburg het gister die einde van sy bedryfslewe bereik het en is om 12:00 afgesluit. Die kragstasie het Suid-Afrika sedert 1961 bedien.
Die woordvoerder van Eskom, Sikonathi Mantshantsha, sê ander eenhede is oor die jare afgesluit aan die einde van hul bedryfsleeftyd, wat ‘n wetlike vereiste is.
Die kragvoorsiener sê die sluiting van die aanleg sal nie ‘n noemenswaardige impak op die nasionale elektrisiteitsnetwerk hê nie, omdat dit slegs 121MW gelewer het.
Die meerderheid van Komati-werknemers is na ander kragstasies oorgeplaas.
Diegene wat oorbly sal betrokke wees by groen energieopwekking: 150MW sonkrag, 70MW wind en 150MW batterye as deel van Eskom se oorgangstrategie vir billike energie (JET).
Dit het ten doel om volhoubaar na laer-koolstof-tegnologie oor te skakel, sonder om werksgeleenthede tot niet te laat gaan en ‘n opleidingsfasiliteit word ontwikkel om werkers se vaardighede op te skerp vir dié aanpassing.
Volgens Mantshantsha is die Komati vernuwingprojek een van die grootste ter wêreld.
1 Nov 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

NHS-revue 2024: Genres

Volgende week is dit weer Hoërskool Nelspruit se revue. Dié produksie voldoen aan die hoogste standaarde en kaartjies is baie gesog. Mické Botes en Richard Dickson, beide dansers, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 6 min

Beraad oor Bela eersdaags in Mbombela

Solidariteit beplan 'n beraad oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). Dit vind op 8 Mei by Laerskool Laeveld plaas. Tiaan Schoeman, 'n netwerkorganiseerder vir Solidariteit, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 7 min

Sitrusprodusente verwag rekord uitvoere, ondanks uitdagings

Die Sitrusprodusentevereniging van Suider-Afrika verwag 'n sterk uitvoerseisoen, met 'n geprojekteerde sewe-persent toename in suurlemoenuitvoere, wat 'n verdubbeling is sedert 2016. Justin Chadwick, die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, sê hulle gaan binne ‘n maand met die EU, die grootste uitvoermark, konsulteer oor nuwe eise wat hulle stel oor "false…
24 Apr 13 min