Verskerpte sekuriteit die feestyd in die wildtuin
--:--
Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) skerp sy veiligheidsmaatreëls vir die komende feestyd op wanneer meer besoekers verwag word.
Volgens die woordvoerder, Ike Phaahla, sluit maatreëls wat ingestel word groter toesig en meer wagte by ingangshekke, voertuigbeheer en die verifiëring van die insittendes se identiteit in.
Veldwagters, sekuriteitsdienste en toegewyde honde-eenhede sal ook bykomende patrollies doen.
SANParke maak ook gebruik van tegnologie nommerplate te herken en voertuie op ‘n afstand te monitor.