Bafana in aksie by Mbombela

--:--
Bafana Bafana sê vanaand om 20:30 vir Mosambiek die stryd aan by Mbombela-stadion.
Die nasionale sokkerspan is onoorwonne in al die wedstryde wat hulle sedert 2010 by dié stadion gespeel het.
Hulle speel Sondagmiddag 'n tweede vriendskaplike wedstryd in die stad wanneer hulle om 14:30 teen Angola uitdraf.
Bafana het mees onlangs verlede maand oorwinnings behaal teen Sierra Leone en Botswana.
Stadionbestuurder, Roelf Kotze het met Andri gesels.
17 Nov 2022 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Pumas môre tuis teen Luiperds

Die Airlink Pumas en Suzuki Griekwas bly onoorwonne in die SA Beker-reeks met die poubloues bo-aan die punteleer weens hul beter punteverskil. Die pienktruie speel die naweek weer tuis, teen die Luiperds by Nelspruit-rugbyklub Saterdagmiddag. Hulpafrigter, Corné Steenkamp, gesels met Sonop Ontbyt.
26 Apr 8 min

NHS-revue 2024: Genres

Volgende week is dit weer Hoërskool Nelspruit se revue. Dié produksie voldoen aan die hoogste standaarde en kaartjies is baie gesog. Mické Botes en Richard Dickson, beide dansers, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 6 min

Beraad oor Bela eersdaags in Mbombela

Solidariteit beplan 'n beraad oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela). Dit vind op 8 Mei by Laerskool Laeveld plaas. Tiaan Schoeman, 'n netwerkorganiseerder vir Solidariteit, gesels met Sonop Ontbyt.
25 Apr 7 min