Phosa: 'Ons het elke deel van die Grondwet gevier'
--:--
Politici moet ophou op die regbank te kritiseer wanneer hulle nie van hul uitsprake hou nie, sê dr. Mathews Phosa. Hy was een van die uitgelese sprekers by die onthulling van ‘n bronsbeeld van Francis Legodi, die regterpresident van die Mpumalanga afdeling van die Hooggeregshof, gister by die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela.