Boekkeuse - 20 Dec 22

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons het die voorreg om die digter Antjie Krog as ateljeegas te verwelkom. Krog het ‘n kroonjaar beleef, die viering van haar 70ste verjaarsdag, buitelandse erkenning en die publikasie van haar jongste bundel, Plunder (ook in Engels beskikbaar as Pillage) en haar kinderboek, Vetfeeplantjies.
Aan die beurt kom ook Jan-Jan Joubert se bespreking van Chris Karsten se roman, Op pad na Moormansgat, Joan Hambidge se bespreking van Rina Cascione se vertaling van Alda Merini se gedigte, Kliniek van verlatenheid, uit Italiaans en my oorsig oor besondere godsdienstige boeke wat verjaar verskyn het.
Die jongste bundel van Antjie Krog verskyn agt jaar ná Mede-wete, waarmee sy met die Hertzog-prys vir poësie bekroon is. Sy het ook in 1990 die Hertzog-prys ontvang vir haar bundel, Lady Ann. In Plunder ontwikkel Krog vorige temas soos die landskap van die vrou, die huwelik, die aftakeling van die lyf, die vreugde van klein gesinsoomblikke en terselfdertyd vernuwe sy opnuut.
Daar is ‘n onrusbarende kwesbaarheid, ‘n brandende woede én ‘n hartverskeurende deernis met die ouerwordende self. In Plunder voer Krog die leser mee in ‘n jubelsang en ook ‘n klaaglied van die land wat geplunder word, maar ook die self wat plunder. Sy probeer sin maak van die land, van die self, van die verlede.
Ek het haar genooi om ‘n aantal gedigte, verteenwoordigend van die spektrum van temas, met net haar kortlikse opmerkings, voor te lees.
20 Dec 2022 Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 14 March 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
14 Mar 58 min

Boekkeuse - 28 Feb 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Dit is vandag vir die tweede keer hierdie maand dat ons voorreg het om ‘n wêreld premiére van die eerste aanbieding van Joanita Erasmus-Alt se pryswennende toonsetting, Kontrapunt, rondom gedigte van…
28 Feb 57 min

Boekkeuse - 14 Feb 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons vier Valentynsdag met die eerste aanbieding van Franco Prinsloo se toonsetting van Ingrid Jonker se liefdesgedig, “Plant vir my ‘n boom, André”. Ons fokus is op die digkuns met ons…
14 Feb 57 min

Boekkeuse - 31 Jan 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons verwelkom twee ateljeegaste, Thézѐse Hulme, samesteller van die bundel, Praat jy! Idees vir die skep van ‘m skryfkultuur in die klas en Elize Parker, skrywer van Seks, skoonma’s & skuld…
31 Jan 58 min

Boekkeuse - 17 Jan 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons verwelkom as ateljeegas, Marieta Nel, samesteller van vier bundels waarin die beste bydraes in die genre kortverhale, poësie en drama, byeengebring is as ideale voorgeskrewe materiaal vir die klaskamer. Ons…
17 Jan 58 min