Boekkeuse - 03 Jan 23

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Graag wens ons ons luisteraars, skrywers en uitgewers ‘n voorspoedige 2023!
Verlede maand het ons so ‘n oorweldigende positiewe reaksie gehad op die manjefieke voorlesing van Antjie Krog uit haar gedigte in haar jongste bundel, Plunder, (ook in Engels beskikbaar as Pillage). Met die digter se verlof herhaal ons haar voorlesing. Sy lees ook uit haar en Ingrid de Kok se kinderboek, Vetfeeplantjies voor.
Aan die beurt kom ook Joan Hambidge se bespreking van Piet van Rooyen se roman, Antraks; ‘n huldeblyk aan die ontslape digter en skrywer, Henk Rall; ons gereelde kinderboekbydrae; die bespreking van drie besondere romans: Vlam deur Sidney Gilroy, Die geheim van Musolini se kaart deur Constant van der Merwe en Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard.
3 Jan Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 26 September 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
27 Sep 57 min

Boekkeuse - 12 September 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
12 Sep 57 min

Boekkeuse - 29 August 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Talbot Cox,’n man van vele talente en welbekend in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld, het onlangs gedebuteer met sy eerste Afrikaanse publikasie, Agtergat se mense en hulle kaskenades en dinge – stories oor…
29 Aug 56 min

Boekkeuse - 15 August 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons fokus vandag is op ons luisteraars as lesers en ons bied graag besprekings aan van ‘n aantal voortreflike boeke in verskillende genres. Joan Hambidge bespreek Sluitstuk deur Johann Rossouw, wat…
15 Aug 50 min

Boekkeuse - 01 August 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons fokus vandag op die omvangryke en waardevolle bydrae van die bekroonde skrywer en historikus, dr Dan Sleigh. Hy is Vrydag in sy huis in Pinelands oorlede. Joan Hambidge bespreek Marlies…
2 Aug 38 min