Weervoorspeller veruidelik beduidende impak van naderende reën

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in die Laeveld vandag. Mbombela, Thaba Chweu, Nkomazi en Bosbokrand kan vanaf laatmiddag tot môreoggend hoë reënval te wagte wees.
Dit kan tot plaaslike oorstromings lei en paaie en verkeer affekteer. Mense is aangeraai om dit eerder te vermy om vêr te ry en nie vinnig vloeiende strome oor te steek nie.
Weervoorspeller, Jan Vermeulen, het gister met 100.5FM gesels.
5 Jan 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

AfriForum veg voort teen mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum vra vir die opskorting van die omgewingsgoedkeuringsproses vir 'n voorgestelde steenkoolmyn naby die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die burgerregte-organisasie beskuldig die Departement van Minerale en Petroleumbronne en die omgewingskonsultant Kimopax daarvan, dat hulle in die geheim belangrike dokumente hersien en geregistreerde belanghebbendes van 'n openbare vergadering uitgesluit het…
12 Jun 11 min

Vir verandering, dóén iets anders

Susan Coetzer is hoofsaaklik 'n skrywer, hoewel sy ook verskeie ander kreatiewe hoede dra. Sy gesels met Kies Koers oor hoe sy haar lewe benader om ook die mense rondom haar te kan inspireer.
11 Jun 23 min

Byeterapie: Chroniese gesondheid is moontlik

Bye word al eeue lank ingespan vir alternatiewe en holistiese genesing. Die naweek vind 'n simposium oor byeterapie in Mbombela plaas by Bardolino. Die plaaslike byeboer, Inge Austin, vertel wat dié eeue oue praktyk behels.
10 Jun 17 min

Lefpa verwag bedrywige brandseisoen

Die Laeveld se brandseisoen het amptelik begin. Tot 31 Oktober is die brandgevaar hoog. André Scheepers van Lefpa sê hulle verwag 'n bedrywige brandseisoen.
9 Jun 12 min