Boekkeuse - 17 Jan 23

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons verwelkom as ateljeegas, Marieta Nel, samesteller van vier bundels waarin die beste bydraes in die genre kortverhale, poësie en drama, byeengebring is as ideale voorgeskrewe materiaal vir die klaskamer.
Ons fokus is op romans van Irma Venter, Isa Konrad en Amos van der Westhuizen, ‘n unieke voëlboek, P.G. du Plessis se keur uit sy gewilde Koöperasiestories en ons gereelde kinderboekbydrae.
Meermale is daarop gewys dat die Afrikaanse kind besonder bevoorreg is met die gehalte en keuse van boeke wat jaar na jaar aangebied word. Ons uitgewers lewer ‘n besondere bydrae om die boeke keurig aan te bied met titels en inhoud wat met die kind van vandag resoneer. Ons is ook geseënd met talentvolle skrywers en verbeeldingryke knap illustreerders op eie bodem.
So met die begin van die jaar kan ons aan elke kinderboek uitgewers ‘n pluimpie gee vir kwaliteitsboeke wat aan Afrikaanse kinder- en jeuglesers aangebied word. By Boekkeuse het ons die samewerking gehad van Protea Boekhuis, Human & Rousseau, Tafelberg, Naledi, Lapa en Pan Macmillan.
17 Jan Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 14 March 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
14 Mar 58 min

Boekkeuse - 28 Feb 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Dit is vandag vir die tweede keer hierdie maand dat ons voorreg het om ‘n wêreld premiére van die eerste aanbieding van Joanita Erasmus-Alt se pryswennende toonsetting, Kontrapunt, rondom gedigte van…
28 Feb 57 min

Boekkeuse - 14 Feb 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons vier Valentynsdag met die eerste aanbieding van Franco Prinsloo se toonsetting van Ingrid Jonker se liefdesgedig, “Plant vir my ‘n boom, André”. Ons fokus is op die digkuns met ons…
14 Feb 57 min

Boekkeuse - 31 Jan 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons verwelkom twee ateljeegaste, Thézѐse Hulme, samesteller van die bundel, Praat jy! Idees vir die skep van ‘m skryfkultuur in die klas en Elize Parker, skrywer van Seks, skoonma’s & skuld…
31 Jan 58 min

Boekkeuse - 03 Jan 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Graag wens ons ons luisteraars, skrywers en uitgewers ‘n voorspoedige 2023! Verlede maand het ons so ‘n oorweldigende positiewe reaksie gehad op die manjefieke voorlesing van Antjie Krog uit haar gedigte…
3 Jan 58 min