Die Pumas het vandag span gebou met 'n Amazing Race deur die dorp. Van die spelers het skoon agter die mikrofoon ingeskuif en omroeper gespeel tydens hul stop by 100.5FM.
Die volgende hoofstuk in die uitgerekte Krugerwildtuin-mynsage is Vrydag voortgesit in Marlothpark toe AfriForum, gemeenskapslede en belanghebbendes byeengekom het vir ’n openbare deelnamevergadering as deel van ’n nuwe aansoekproses vir die oprigting van ’n myn op die wildtuin se voorstoep. Cindy Benson is die voorsitter van Marloth Park se belastingbetalersvereniging.
Die verdedigende SA Beker-kampioene, die Airlink Pumas, het die Oostelike Provinsie Vrydag met 47-10 by Mbombela-stadion geklop. Die span reis Vrydag na Bloemfontein vir 'n kragmeting met die Cheetahs. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en Sam Sikiwe gesels met Sonop Ontbyt ook oor die Stonehouse 10's die naweek.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.