Innibos in 2023 terug met mening

Loading player...
Innibos Kunstefees is verlig en opgewonde om eindelik weer ’n volwaardige kunstefees aan te bied vanjaar nadat Covid-regulasies dit die afgelope drie jaar gekortwiek het. Die feesdatum is 29 Junie tot 2 Julie.
Media- en bemarkingsbestuurder, Sandra Jacobs, sê die tema is vanjaar “Vars” wat die organiseerders se opgewondenheid weerspieël om opnuut vermaak en die kunste na die Laeveld te bring.
Sy beloof hul sal hul by alles wat Innibos Innibos maak, maar dinge op 'n nuwe manier aanbied.
Een so 'n verwikkeling is die safariteater. Sy vertel meer.
23 Jan 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hou asb. by die padreëls die vakansie

Wees veilig op die pad hierdie feestyd. Solange Soares van TRACN4 verduidelik aan die Middag Game Drive watter maatreëls TRAC alles in plek het.
16 Dec 11 min

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van 'n organiese groentetuin kundige Elzabé de Bruyn.
15 Dec 13 min