Ondersteun Plaaslik: Toestel verbeter brandstofgebruik

--:--
Brandstof het om middernag weer duurder geword. AMI Emissions het egter ‘n toestel wat jy in jou brandstoftenk installeer wat deur elektromagnetiese golwe die brandstofmolekules uitmekaar trek om meer suurstof tussen deeltjies toe te laat en voilà, dit brand skoner. Die gevolg is 'n groot verbetering op uitlaatgasse én brandstofgebruik. Okkie Oosthuizen gesels met Sonop.
1 Feb Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Herstel jou balans by Clay & Coffee

Clay & Coffee bied 'n unieke ervaring: Hier herstel jy die balans tussen liggaam, kop en siel. Deidre Dassenhebs gesels met Sonop Ontbyt.
28 Mar 14 min

Twee wildeperd-wesies nou by Kaapsehoop Horse Trails

Een van die grootste uitdagings wat die vrywilligers wat na Kaapsehoop se wildeperde omsien ervaar is ander mense se emosionele betrokkenheid. Mariska Redelinghuys van Kaapsehoop Horse Trails wat die afgelope weke twee wesies met die hand grootmaak, vertel hulle emisioneel mense raak wanneer iets sleg met die perde gebeur. Sy…
27 Mar 9 min

Stonehouse sê die Pumas se skrums kort werk

Die hoofafrigter van die Airlink Pumas, Jimmy Stonehouse, sê hy is tevrede met sy span se veggees, na hul oorwinning van 28-13 teenoor die Griekwas Vrydagaand in Mbombela. Die Pumas bly dus onoorwonne in vanjaar se Curriebekerkompetisie na drie rondes. Hulle kon drie drieë druk teenoor een deur die Griekwas…
27 Mar 2 min

Pumas en Griekwas weer slaags in Curriebeker

Die Airlink Pumas speel vanaand tuis teen die Griekwas in die Curriebeker, hul eerste kragmeting in die kompetisie sedert die pienktruie die Griekwas in verlede jaar se eindstryd geklop het. Corné Steenkamp en Riaan Lameley gesels met Sonop Ontbyt.
24 Mar 15 min

Nasionale Outismedag op 1 April

Nasionale Outismedag word op 1 April gevier met 'n fees in Witrivier. Charles gesels met Sonja Fox en Cindy Coetzee oor outisme.
23 Mar 16 min