NHS gaan groot met Fiësta-jaar

Loading player...
2023 is weer ‘n Fiësta-jaar by Hoërskool Nelspruit (NHS). Dit is een ongelooflike fondsinsamelingsjaar wat sedert 1986 slegs elke vyf jaar plaasvind om te verseker elke Nellie-leerling ervaar dit een keer in hul skoolloopbaan.
Vanjaar is die tema, “NHS gaan groot” en die einddoel is om sonpanele by die skool op te rig - waaruit toekomstige generasies ook munt sal slaan.
As deel van Fiësta kom sing en dans Ricus Nel en Snotkop op 16 Februarie by die skool. Kriekie Bekker en Ferdi van Wijk het met Gerhardt en Andri daaroor gesels.
2 Feb 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hou asb. by die padreëls die vakansie

Wees veilig op die pad hierdie feestyd. Solange Soares van TRACN4 verduidelik aan die Middag Game Drive watter maatreëls TRAC alles in plek het.
16 Dec 11 min

Vind genesing in jou tuin

Kan jy genesing vind in jou tuin? Luister na die professionele opinie van 'n organiese groentetuin kundige Elzabé de Bruyn.
15 Dec 13 min