Boekkeuse - 14 Feb 23

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons vier Valentynsdag met die eerste aanbieding van Franco Prinsloo se toonsetting van Ingrid Jonker se liefdesgedig, “Plant vir my ‘n boom, André”.
Ons fokus is op die digkuns met ons ateljeegas, prof. Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg, wat haar huldigingsbundel, Die skerpgevylde oomblik, oor die lewe en werk van Petra Müller, met ons bespreek. Vier digters, Dominique Botha, Carina Stander, Marlies Joubert en Joan Hambidge lees hul huldigingsgedigte voor.
Ons kollega, Otto van der Walt, het met die komponis, Franco Prinsloo gesels oor sy besondere toonsetting van Ingrid Jonker se gedig, “Plant vir my ‘n boom, André”.
14 Feb Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 22 May 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons ateljeegas vandag is die gesoute niefiksie skrywer, Ted Botha, wat gesels oor die berugte reeksmoordenaar, Daisy de Melker, die onderwerp van sy jongste biografie. Joan Hambidge bespreek die bundel, Mensig,…
23 May 58 min

Boekkeuse - 05 May 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons vandag verwelkom twee ateljeegaste – die skrywers Bettina Wyngaard, wat gesels oor haar jongste roman, Lokval, en veral oor die bobaasspeurder, Nicci de Wee. Adriaan Potgieter bied ‘n Jungiaanse perspektief…
9 May 57 min

Boekkeuse - 25 April 2023

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons is vandag bevoorreg om twee belangrike rolspelers, Theo Kemp en dr. Mia Oosthuizen, as ons ateljeegaste te verwelkom. Albei het innoverende denke om Afrikaanse literatuur in nuwe rigtings te ontwikkel…
25 Apr 57 min

Boekkeuse - 11 April 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons is vandag bevoorreg om Elizabeth Wasserman, wel bekende en bekroonde kinderboekskrywer, as ons ateljeegas te verwelkom. Vandag maak sy haar buiging as skrywer van haar roman, Die fantastiese mevrou Smit,…
11 Apr 58 min

Boekkeuse - 28 March 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
28 Mar 57 min