SA herroep ramptoestand oor beurtkrag

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse regering sê die nasionale ramptoestand oor elektrisiteit was 'n noodsaaklike reaksie op die kritieke vlakke van beurtkrag wat die ekonomie en kwesbare sektore beïnvloed het. Die ramptoestand is vandag amptelik beëindig nadat President Cyril Ramaphosa dit in Februarie ingestel het ter ondersteuning van die Energie-aksieplan. Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Thembi Nkadimeng, het aan die media gesê die onlangse vordering met die versagting van beurtkrag het bygedra tot die besluit om die ramptoestand te herroep.
5 Apr 2023 10AM Afrikaans South Africa Arts

Other recent episodes

Wêreld-renosterdag: Hou die Vyf Aan die Lewe

Op Wêreld-renosterdag gesels ons met Simson Uri-Khob, hoofuitvoerende beampte van Save the Rhino Trust, oor vanjaar se tema: “Keep the Five Alive.” Ons kyk na Namibië se sukses met die bewaring van vrylopende swartrenosters, die grootste bedreigings vir ons renosterbevolking, en hoe plaaslike gemeenskappe, veldwagters en moderne tegnologie ’n belangrike…
22 Sep 2AM 5 min

Nasionale Mondgesondheidsweek: Die belangrikheid van goeie mondgesondheid

Ter viering van Nasionale Mondgesondheidsweek gesels Laimi met Marceline Robyn oor die belangrikheid van goeie mondgesondheid. Hulle bespreek waarom gereelde tandheelkundige ondersoeke belangrik is, asook praktiese wenke oor hoe om jou tande en glimlag behoorlik te versorg. Goeie mondgesondheid is ’n belangrike deel van jou algemene gesondheid. ’n Bietjie ekstra…
18 Sep 3AM 7 min

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN

Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor OXIPROVIN en hoe dit gebruik word as deel van ’n gesonde leefstyl. Hulle bespreek die produk, waarvoor dit gebruik word en waarom dit belangrik is om enige gesondheidsproduk korrek te gebruik. Luister na die volledige gesprek vir meer inligting en praktiese raad.
16 Sep 7AM 12 min

Johan Hyman - Leerambagsman | Maak Spore

Vandag op Maak Spore gesels Elmero Strauss met Johan Hyman, ’n man wie se pad gekenmerk word deur entrepreneurskap, vakmanskap en ’n hart om terug te gee. Van sy ondersteuning van Droogtehulp Namibië en weeshuise tot die skep van handgemaakte leerprodukte – dis ’n gesprek oor waardes, kreatiwiteit en die…
15 Sep 7AM 7 min

Walk for Sight | Saamstap vir ’n goeie doel

Vandag op Gemeenskap Kalender gesels Elmero Strauss met Christelle en Sima oor Walk for Sight, ’n besonderse bewusmakings- en fondsinsamelingsstap wat op 10 Oktober plaasvind. Hulle vertel meer oor waarom hierdie inisiatief so belangrik is, hoe dit ’n verskil maak en hoe die gemeenskap kan saamstap vir ’n goeie doel.
15 Sep 7AM 7 min