Boekkeuse - 11 April 23

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons is vandag bevoorreg om Elizabeth Wasserman, wel bekende en bekroonde kinderboekskrywer, as ons ateljeegas te verwelkom. Vandag maak sy haar buiging as skrywer van haar roman, Die fantastiese mevrou Smit, wat reeds ‘n trefferboek is. Riette Rust gesels onderhoud met haar.
Verder verwelkom ons Francois Loots wat oor sy historiese roman, Die kapokdokter, meer vertel van sy soek na die wese van dr James Barry, wat as dokter in 1815 in die Kaap aangekom het. Hier as man en later ontbloot as vrou.
Asof dit juis na die Paasnaweek in oormaat moet kom, het ons ‘n sonderlinge geleentheid om met professor Daniel Louw te gesels oor sy outobiografie, Daar is meer. ‘n Wye aantal temas kom aan die bod.
11 Apr Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 26 September 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
27 Sep 57 min

Boekkeuse - 12 September 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
12 Sep 57 min

Boekkeuse - 29 August 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Talbot Cox,’n man van vele talente en welbekend in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld, het onlangs gedebuteer met sy eerste Afrikaanse publikasie, Agtergat se mense en hulle kaskenades en dinge – stories oor…
29 Aug 56 min

Boekkeuse - 15 August 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons fokus vandag is op ons luisteraars as lesers en ons bied graag besprekings aan van ‘n aantal voortreflike boeke in verskillende genres. Joan Hambidge bespreek Sluitstuk deur Johann Rossouw, wat…
15 Aug 50 min

Boekkeuse - 01 August 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons fokus vandag op die omvangryke en waardevolle bydrae van die bekroonde skrywer en historikus, dr Dan Sleigh. Hy is Vrydag in sy huis in Pinelands oorlede. Joan Hambidge bespreek Marlies…
2 Aug 38 min