Boekkeuse - 25 April 2023

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons is vandag bevoorreg om twee belangrike rolspelers, Theo Kemp en dr. Mia Oosthuizen, as ons ateljeegaste te verwelkom. Albei het innoverende denke om Afrikaanse literatuur in nuwe rigtings te ontwikkel.
Dr. Marlies Taljard, hoofredakteur van Vers-indaba, maak haar debuut op Boekkeuse met haar insigryke bespreking van Hannes Visser se bundel, Die jaar toe pa…, wat as herdruk verskyn het. Joan Hambidge bespreek Kumbukumbu, ‘n reisboek oor Kenia deur Johann Lodewyk Marais. Riette Rust neem Jaco Fouché se roman, Aanspreeklikheid, onder die loep. Daniel Lötter se nie-fiksie bundels, Gedaantes en gedoentes en Dwaal word ook bespreek.
Die verhaalbundel, Ver in die wêreld, stories deur Afrikaanse skrywers in die buiteland, saamgestel deur Frederick de Jager, kom ook aan die beurt en so ook ons gereelde kinderboekbespreking.
25 Apr Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 26 September 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
27 Sep 57 min

Boekkeuse - 12 September 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
12 Sep 57 min

Boekkeuse - 29 August 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Talbot Cox,’n man van vele talente en welbekend in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld, het onlangs gedebuteer met sy eerste Afrikaanse publikasie, Agtergat se mense en hulle kaskenades en dinge – stories oor…
29 Aug 56 min

Boekkeuse - 15 August 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons fokus vandag is op ons luisteraars as lesers en ons bied graag besprekings aan van ‘n aantal voortreflike boeke in verskillende genres. Joan Hambidge bespreek Sluitstuk deur Johann Rossouw, wat…
15 Aug 50 min

Boekkeuse - 01 August 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons fokus vandag op die omvangryke en waardevolle bydrae van die bekroonde skrywer en historikus, dr Dan Sleigh. Hy is Vrydag in sy huis in Pinelands oorlede. Joan Hambidge bespreek Marlies…
2 Aug 38 min