SAWD: Normale wintertemperature vanjaar vir die Laeveld voorspel

--:--
Dit gaan die week nog koud wees, en hoewel die hewige donderstorms in die Hoëveld ongewoon is vir hierdie tyd van die jaar, behoort dit nie ‘n besonders kouer winter in die Laeveld te wees nie. Weervoorspeller, Lehlohonolo Thobela, sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) verwag bogemiddelde minimum en maksimum temperature.
Hy gesels met Ludi en Mireille.
16 May Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Pediatric Care Africa wil boere help na brande

Pediatric Care Africa wil graag die mense van Phalaborwa en omliggende areas wat deur onlangse verwoestende brande geraak is, help. Dr. André Hattingh vertel vir Gerhardt wat benodig word en hoe jy hulp kan bydra.
26 Sep 19 min

Kommer oor voorgestelde wysigings aan Padongelukkewet

Voorgestelde wysigings aan die Padongelukkewet word met teenkanting uit talle oorde begroet. Pieter Nel, 'n Laeveldse prokureur wat spesialiseer in derde party eise, sê dit sal verreikende gevolge hê as dit in sy huidige vorm deurgevoer word. Die publiek het tot 8 Oktober om daaroor kommentaar te lewer.
22 Sep 17 min

ISAF verras met R10 000 donasie

MDS Collivery.net het gistermiddag Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) verras met 'n skenking van R10 000. Lizé van der Merwe verduidelik hoekom hulle die organisasie, wat ouers van kinders met spesiale behoeftes bystaan, ondersteun.
22 Sep 9 min

ATKV bevorder taal en kultuur

Die ATKV hou op 29 September 'n spesiale samekoms vir hul lede, om hul taal en kultuur in Mbombela te vier. Anita Hitge vertel vir Amanda waaroor die organisasie gaan.
22 Sep 6 min

Liznica House of Hope

Liza en Veronica Labuschagne bedryf reeds verskeie jaar Liznica House of Hope waar hulle na weggooibabas omsien. Liza gesels met Gerhardt en Andri oor die redes waarom ouers besluit om hul baba of kind agter te laat en waar desperate ma's aan kan klop om hulp.
21 Sep 11 min