Curriebeker-kragmeting Saterdag in Mbombela kan bepalend wees

--:--
Die Haaie en Cheetahs sal die naweek probeer om tuis halfeindrondes te verseker in die Curriebeker deur onderskeidelik die Leeus in Durban en die Airlink Pumas in Mbombela te klop. Die Pumas bly egter in die wedloop om ‘n tuis halfeindronde. Sou die verdedigende kampioene egter hul oorblywende wedstryde - teen die Cheetahs Saterdag en volgende naweek teen die Griekwas - verloor, sal hulle glad nie die laaste vier haal nie. Beide de Pumas en Cheetahs het die afgelope weke teleurstellende uitslae behaal. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte van die Pumas, Marius van Rensburg, gesels met Gerhardt.
2 Jun Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Skenk bloed, dit red werklik lewens

Die SANBS benodig dringend bloed en die Grove-skenkersentrum hou daarom môre 'n groot skenkingsinisiatief. 100.5FM sal regstreeks uitsaai vanaf die sentrum. Yolande Nel gesels met Charles oor hoe geskenkte bloed haar jongste dogter se lewe gered en verander het.
29 Sep 11 min

MOTHS het bewaring van erfenis in die visier

Die Lone Tree Shellhole van die MOTHS beoog om voortaan self historiese geboue in die Barberton-area te onderhou. "Ons verloor ons geskiedenis," sê Liam May vir Charles. Hulle gesels oor die monumente.
27 Sep 10 min

Pediatric Care Africa wil boere help na brande

Pediatric Care Africa wil graag die mense van Phalaborwa en omliggende areas wat deur onlangse verwoestende brande geraak is, help. Dr. André Hattingh vertel vir Gerhardt wat benodig word en hoe jy hulp kan bydra.
26 Sep 19 min

Kommer oor voorgestelde wysigings aan Padongelukkewet

Voorgestelde wysigings aan die Padongelukkewet word met teenkanting uit talle oorde begroet. Pieter Nel, 'n Laeveldse prokureur wat spesialiseer in derde party eise, sê dit sal verreikende gevolge hê as dit in sy huidige vorm deurgevoer word. Die publiek het tot 8 Oktober om daaroor kommentaar te lewer.
22 Sep 17 min

ISAF verras met R10 000 donasie

MDS Collivery.net het gistermiddag Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) verras met 'n skenking van R10 000. Lizé van der Merwe verduidelik hoekom hulle die organisasie, wat ouers van kinders met spesiale behoeftes bystaan, ondersteun.
22 Sep 9 min