Nagsê Here #41

--:--
Goeie Naand,

Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie?
Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees?

Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings, onseker verhoudings en liefdelose verhoudings. Die gesonde verhoudings weërspieël daarteenoor ‘n kragbron van geluk, verhoudings waar mense mekaar aanvaar, bemoedig, bystaan en in liefde leef.

Paulus skryf hiervan in Romeine 15 “En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik. Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.”

Paulus vra hierdie openhartige aanvaarding van mekaar sodat God verheerlik kan word deur eensgesindheid. Miskien het jy dalk vanaand ‘n moedelose gevoel, nie in jouself nie maar as gevolg van verhoudings en ooreenkomste wat skipbreuk lei, dalk voel jy, jy het hoop verloor.

Die woorde klink maklik om te sê en tog is dit waar, “Ons dien ‘n God van hoop, in Christus Jesus skep Hy hoop in hopelose situasies, Sy Liefde skep in jou ‘n deursettingsvermoë om jou denke en dade te vul met hoop.

Paulus sluit hierdie gedeelte af met ‘n seën wat vanaand vir jou ook gebid word
“En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!”

AMEN

Nagsê Here.
20 Jul 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #42

Goeie Naand, Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan. Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid. Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense…
27 Aug 2023 2AM 3 min

Nagsê Here #40

Goeie Naand, Dit is altyd ‘n voorreg om opregte vriende te hê. Nou gesels ons nie oor kenisse nie maar vriende as waarde toevoeging. Reël maar ‘n reunie en terwyl jy die boodskappe lees onthou jy die mense, die verlede, die lag en huil, die groei saam en die waarde…
13 Jul 2023 2AM 2 min