Nagsê Here #42

--:--
Goeie Naand,

Jy lees ook Die Bybel en soms tref verse jou net anders asof jy dan eers die werklike betekenis verstaan.

Die onlangse jare het my ook deur spanningsvolle tye gebring en vrae na waarheid en opregtheid.

Willens en wetens het ek ook gewaag waar engele sou huiwer, mense onmoet, gehelp waar ek kon, al is dit net met woorde en liefde deur aanvaarding, selfs konfrontasie met afleidings en idees van ander. “Tussen heidene, dronkaards, kerkloses en sondaars” sou so baie ander beskuldigings kon gooi.

Dan wonder ekself “Hoekom Jesus sou verwag dat ‘n herder 99 skape los en na een gaan soek?” Die sommetjie maak nie sin nie, behalwe as Hy seker was hulle is veilig. Met die lees van Ps 23, Esegiël 34 en Sagaria 11:17 dan is dit te betwyfel of die 99 werklik veilig was, tensy steeds deur Die Herder beskerm, as gevolg van geloof, in Sy Genadekraal.

Dan kom ons by Romeine 9 en Paulus begin dadelik met die woorde “EK spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie — my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees — dat dit vir my 'n groot droefheid is en 'n onophoudelike smart vir my hart.
Hy doen ‘n belydenis en jy kan die smart, die seerkry hoor waarmee hy praat. Hy praat dan oor die geloof in Israel, die wat hul geloof definieer as nageslag uit Adam, die uitverkorenes. Paulus haal tekste aan uit Genesis, Hosea, Jesaja en andere, hartverskeurend verwys hy na die optrede van die sogenaamde gelowiges, mense beheer, gekondisioneer deur eie afleidings.

Hoe sou jy geloof definieer? Wie sou jy as voorbeeld van geloof gebruik in vandag se tyd? Watter reëls heg jy aan geloof? Voel jy nie ook harstseer oor die hoeveelheid gewondes, stukkendes, uitgeworpenes en soekendes wanneer jy aan jou antwoorde op hierdie vrae dink nie?

Paulus sluit af en ek lees die 83 vertaling “Wat is nou ons gevolgtrekking?

Dít: heidene het nie God se vryspraak gesoek nie, maar dit wel gekry – die vryspraak deur die geloof. Israel, daarenteen, het 'n wet gesoek waardeur hulle God se vryspraak sou kon kry, maar by so 'n wet het hulle nie uitgekom nie.

Waarom kon hulle nie die vryspraak kry nie? Omdat hulle nie op die geloof wou bou nie, maar op hulle eie prestasies. Hulle het oor die struikelblok gestruikel waarvan daar geskrywe staan: “Kyk, Ek sit in Sion 'n klip neer waaroor 'n mens struikel, 'n rots waarteen jy jou stamp, maar wie in Hom glo, sal nie teleurgestel word nie.”

Mag jy nie teen die rots vasloop nie maar deur jou geloof in Die Rots, jou lewe leef.
Christus Jesus is as God ons Hoop en Verlosser. Glo dit en gun dit ook vir ander, Hy bly onse Rots.

AMEN

Nagsê Here.
27 Aug 2023 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy…
27 Aug 2023 3AM 2 min

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan…
27 Aug 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #41

Goeie Naand, Hoe lekker sal dit nie wees as almal saam kan lag en vrede hê nie? Sou jy gevra word wat hoop beteken, sal jy kan antwoord dat almal gelukkig moet wees? Kyk en luister maar na mense, feitlik almal beleef een of ander tyd mislukte verhoudings, seerkry verhoudings,…
20 Jul 2023 2AM 2 min

Nagsê Here #40

Goeie Naand, Dit is altyd ‘n voorreg om opregte vriende te hê. Nou gesels ons nie oor kenisse nie maar vriende as waarde toevoeging. Reël maar ‘n reunie en terwyl jy die boodskappe lees onthou jy die mense, die verlede, die lag en huil, die groei saam en die waarde…
13 Jul 2023 2AM 2 min