Boekkeuse - 01 August 23

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons fokus vandag op die omvangryke en waardevolle bydrae van die bekroonde skrywer en historikus, dr Dan Sleigh. Hy is Vrydag in sy huis in Pinelands oorlede.
Joan Hambidge bespreek Marlies Joubert se jongste bundel, Laatnageilande en Hein Viljoen se bundel, Vyf skakerings van blou, wat op versoek herhaal word. Die ervarings van twee Afrikaners wat in die oorloggeteisterde Oekraine woon, kry aandag. Nadea Victor bespreek Kobus Olivier se roerende ervarings met die titel, Met my honde en Elize Parker bespreek Michelle Potgieter se besondere lewensreis, Sonneblom en sneeu in Oekraine.
Ons luister ook na Yolandi Farlam se meevoerende bespreking van Reën in Stofvlei deur Katherine Graham. Ten slotte ‘n huldeblyk aan die ontslape Ierse popster, Sinéad O’Connor, in ‘n gedig deur Joan Hambidge.
2 Aug Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 05 December 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
5 Dec 54 min

Boekkeuse - 21 November 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Vandag luister ons na Riette Rust se insiggewende onderhoud met Stefaans Coetzee, bekend as die bomplanter van Worcester, na aanleiding van sy memoire, Onbeskryflike genade. Stefaans Coetzee bied ook sy bespreking…
21 Nov 58 min

Boekkeuse - 10 October 23

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Ons ateljeegas, P P Fourie, gesels met Riette Rust oor sy tweede roman, Ons skulde. Soos met sy debuut, ‘n Hart so groot soos ‘n vuis, deel Ons skulde met kleintydse…
10 Oct 45 min

Boekkeuse - 26 September 23

Elke maand gesels Amanda met ‘n skrywer of twee oor hul nuutste publikasies. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ‘n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde en pragtige Afrikaanse treffers – sommige met ‘n tikkie nostalgie wat vêr terugreis na die verlede. Hierdie program…
27 Sep 57 min

Boekkeuse - 12 September 23

12 Sep 57 min