Kaapse 'kuiergas' maande later eers opgespoor

Loading player...
Maande na die plaaslike vlieënier Rudolf Erasmus in April onderweg van Worcester na Mbombela 'n noodlanding in Welkom moes uitvoer nadat ‘n Kaapse kobra sy verskyning in die vliegtuig gemaak het, is die slang by die Ou Nelspruit-lughawe opgemerk en gevang.
Die Laeveldse slangkenner, Chris Hobkirk, vertel vir Gerhardt hoe hulle seker is dit is dieselfde slang.
19 Sep 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Afritasties: 'Ek kan lees'

Hoërskool Bergvlam is die enigste ATKV-jeugtak in die Laeveld. Anseri Pool van Afritasties vertel meer oor die "Ek kan lees"-projek.
16 Mar 7 min

Staat skuld Mbombela meer as R400 miljoen

Die DA beplan om Mbombela by die Openbare Beskermer aan te gee weens sy versuim om dienste af te sny van die provinsiale regering wat die munisipaliteit R406 miljoen skuld. Robert Dlamini en Thea Rix gesels met 100.5FM.
12 Mar 9 min

Rolstoele beskikbaar deur MAPD

Die Mpumalanga APD het rolstoele beskikbaar vir inwoners wat dit benodig. Doen teen Vrydag aansoek. TK Khumalo and Thembelihle Mhlabane vertel hoe.
11 Mar 7 min