Jacobus Silwer sing sy gunstelling Frank Sinatra liedjies

--:--
Sanger Jacobus Silwer is nog altyd lief vir Frank Sinatra se musiek en hy bring van sy gunstelling liedjies na Bloemfontein en die platteland. Hy sluit by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop. By die Karoohuis Teater is hy die 14de Oktober saam met Anton Esterhuyse (klavier) op die verhoog. Sy tweede intieme optrede is in Bloemfontein by die Planetarium die 17de November. Kaartjies is by Lizzy beskikbaar: 071 603 7258
27 Sep 2023 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Vrystaat Kunstefees - "Waansin" is aangrypend, gegrond op ware gebeure

’n Verhaal van liefde deur die oë van ’n waansinnige ma wie se geestesongesteldheid uitdrukking vind deur die lens van haar radikale godsdiensbeskouing. Markus 10:14: “Jesus het vir hulle gesê: ‘Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie …” Gegrond op ware gebeure. Aktrise Carin…
2 Jul 4 min

Vrystaat Kunstefees - Debuut produksie 'Die waarheid oor duiwe' al die pad van Australië

'die waarheid oor duiwe' is ‘n intieme musiekproduksie vir een vrouestem, ondersteun deur ‘n klavier en ‘n dwarsfluit. Die poësie van die bekroonde digter, Gisela Ullyatt, kry vlerke deur swewende melodieë, nostalgiese, gesproke teks en treffende visuele komponente. Iewers tussen klassieke en kontemporêre musiek vind elke gehoorlid ‘n raakpunt tydens…
2 Jul 7 min

Vrystaat Kunstefees se kunsmark reg om jou te beindruk vanjaar

Organiseerder van die Vrystaat Kunstefees Kunsmark, Atie Kamper sluit by Yolanda aan in die OFM Kunsteklop om besonderhede te deel oor die kunsmark, alles wat lekker is om te eet so wel as die jaar se kuns werkswinkels wat aangebied word. Die volledige program is beskikbaar by vrystaatkunstefees.co.za
25 Jun 3 min