Boekkeuse - 10 October 23

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Ons ateljeegas, P P Fourie, gesels met Riette Rust oor sy tweede roman, Ons skulde. Soos met sy debuut, ‘n Hart so groot soos ‘n vuis, deel Ons skulde met kleintydse verwonding. Ons skulde, spesifiek oor pa-kwessies.
Vir poësieliefhebbers kom twee besondere digbundels aan die beurt: Erf en elders deur Kleinboer en Louis Jansen van Vuuren se tweede bundel, Moerasperd deur die nag, wat deur Joan Hambidge bespreek word.
‘n Roman deur Chanette Paul word al ‘n gebeurtenis. Murasie, wat deur Brenda Barlow bespreek, word is haar 49ste roman – die 50ste is ook binnekort in die boekwinkels. Die Strandveld loop dik van die stories, veral oor Verlatenfontein, in die tyd toe die Brewisse daar gebly het.
Erla-Mari Diedericks se sesde publikasie, Salemstraat, word deur Riette Rust bespreek. Twee skote klap in die stil oggendure en Salemstraat in die Noordelike Voorstede sal nooit weer dieselfde wees nie.
Om mee af te sluit, bespreek Joan Hambidge Naomi Morgan en Bernard Odendaal se Chanson omdigtings – Piaf & Brel.
10 Oct 2023 Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 16 Julie 24

n hierdie propvol aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons twee ateljeegaste, A M Holder, ‘n jeugboekskrywer wat met haar debuut, Samboksalf en ‘n draaktraan, groot belofte toon, en die digter Martina Klopper wat haar tweede bundel, Kuborg, bekend stel…
16 Jul 55 min

Boekkeuse - 02 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en…
2 Jul 57 min

Boekkeuse - 04 Junie 2024

Hierdie aanbieding van Boekkeuse onder regie van Amanda Botha, is in sy geheel gewy aan skrywers wat in Kaapse Afrikaans of AfriKaaps hulle sonderlinge stories en ervarings met ons deel. Ons verwelkom Nathan Trantraal wat gesels oor sy grafiese roman, Die man wattie kinners vang, en met sy ma, Charmaine…
4 Jun 58 min

Boekkeuse - 21 Mei 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse aangebied deur Amanda Botha het Jaco Barnard-Naudé in die ateljee kom kuier om oor sy digters debuut Om my kastele in Spanje te sloop te gesels. Nog 'n gas in die ateljee is Frances le Roux wat oor haar boek, Son en suurlemoene, praat. Antoinette…
21 May 56 min

Boekkeuse - 07 May 24

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Vandag verwelkom ons Chanette Paul, wat met haar jongste roman, Anoniem, haar 50ste Afrikaanse boek vier – ‘n prestasie wat min haar kan namaak! Meer as ‘n jaar na die publikasie…
9 May 57 min