Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend

--:--
Engo stel graag hul derde Omgie Sivviedag bekend in samewerking met OFM en Bloemfontein Courant om die boodskap van Omgee te versprei dwars deur die Vrystaat. Omgie is Engo se amptelike “mascot” en ambassadeur by skole en sy droom is om vir ander te wys hy gee om. Die Engo Omgie Sivviedag sal vanjaar plaasvind op Vrydag, 27 Oktober 2023, in die vorm van ‘n spesiale “sivviedag” ten bate van Engo. De Wet Claassen gesels met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor die besonderse dag so wel as 'n liedjie wat hulle vir die dag laat skryf het.

Volgens De Wet Claassen, Hoof Uitvoerende Direkteur van Engo Vrystaat het die droom vir 'n liedjie begin met hul Omgie dag waar hulle jaarliks met Omgie dag skole besoek om die boodskap vir kinders te gee oor Omgee. Hulle het gevoel “iets” kort en het toe met Cezanne Yzelle en Jacobus Silwer gesels en vertel dat hulle Engo se hart op ‘n lekker pret manier wil oordra met ‘n liedjie. Soos jy sal hoor het Cezanne en Jacobus ENGO se verwagtinge oortref met hierdie spesiale liedjie – Kyk na die Here.

Die woorde en wysie is van so aard dat mens nie anders kan as om net te wil saam dans nie….oud en jonk. Daar is ook ‘n lekker dans wat ENGO kinders gaan leer tydens Vrydag se Omgie Dag. Die beplanning is dat die liedjie in Sotho ook gedoen word. Die musiekvideo is nog in produksie.
Alle opbrengste van die liedjie gaan aan Engo om die werk wat hule in die Vrystaat doen te bevorder.
Die liedjie sal beskikbaar wees op alle aanlyn platforms vanaf die 30ste Oktober af.​
24 Oct 2023 5AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Penguin Elektries

Penguin Elektries bestaan al van af Oktober 2012, by Kerkstraat 3, Kroonstad en verskaf elektriese toebehore, loodgieter- en hardeware benodighede. Yolanda Maartens gesels met eienaar, Ernie van Rensburg.
28 Jun 4AM 3 min

So what’s cooking with Get It Bloemfontein this July

This July, Get It Bloemfontein and Checkers focus on warm and wholesome winter dishes with the Get It Winter Food Experience, in association with Checkers. From classic favourites to bold, new, fresh flavours, steamy soup bowls, plant-based “potjies”, the smell of fresh bread and melted butter, or a robust beef…
27 Jun 3AM 1 min

Changing the game with Get It Bloemfontein

This June, Get It Bloemfontein talks to Leaveil Ward, a man who smiles boldly at any challenge and always works on his hero. Leaveil let’s Get It in on his brand new fitness and health journey. Vrystaat Arts Festival director, Michael Garbett, also chats to Get It about his impact…
27 May 4AM 1 min

Changing the game with Get It Bloemfontein

This June, Get It Bloemfontein talks to Leaveil Ward, a man who smiles boldly at any challenge and always works on his hero. Leaveil let’s Get It in on his brand new fitness and health journey. Vrystaat Arts Festival director, Michael Garbett, also chats to Get It about his impact…
27 May 4AM 1 min