Boekkeuse - 21 November 23

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Vandag luister ons na Riette Rust se insiggewende onderhoud met Stefaans Coetzee, bekend as die bomplanter van Worcester, na aanleiding van sy memoire, Onbeskryflike genade. Stefaans Coetzee bied ook sy bespreking aan van Mark Shaw se Breaking the Bombers wat betrekking het op die vastrek van bomplanters uit die Pagad-geledere. Hy maak die stelling: ”Daar i geen doel of stryd heilig genoeg om geweld te regverdig nie.”
Joan Hambidge se roman, Stasies, word bespreek deur Marlies Taljard. Met ‘n Jungiaanse insig, sê sy, is daar besonder baie sin te maak van hierdie roman.
Aryan Kaganof se Die wrede relaas van Vuilgat en Stilte, asook die satiriese roman Konkel deur Pieter Marais word deur Joan Hambidge bespreek.
Stefaans Coetzee se naam word geassosieer met sy terreurdaad deur die bomplanting in Worcester. Hiervoor het hy 18 jaar tronk straf uitgedien. Hy skryf in sy memoire, Onbeskryflike genade, oor sy pad vorentoe – as iemand wat besin het, sy straf uitgedien het en nou net sinvol as man, pa en skrywer in die lig leef. Die #bomplanter etiket kan hom immers nie vir altyd definieer nie.
21 Nov 2023 Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 16 Julie 24

n hierdie propvol aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons twee ateljeegaste, A M Holder, ‘n jeugboekskrywer wat met haar debuut, Samboksalf en ‘n draaktraan, groot belofte toon, en die digter Martina Klopper wat haar tweede bundel, Kuborg, bekend stel…
16 Jul 55 min

Boekkeuse - 02 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en…
2 Jul 57 min

Boekkeuse - 04 Junie 2024

Hierdie aanbieding van Boekkeuse onder regie van Amanda Botha, is in sy geheel gewy aan skrywers wat in Kaapse Afrikaans of AfriKaaps hulle sonderlinge stories en ervarings met ons deel. Ons verwelkom Nathan Trantraal wat gesels oor sy grafiese roman, Die man wattie kinners vang, en met sy ma, Charmaine…
4 Jun 58 min

Boekkeuse - 21 Mei 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse aangebied deur Amanda Botha het Jaco Barnard-Naudé in die ateljee kom kuier om oor sy digters debuut Om my kastele in Spanje te sloop te gesels. Nog 'n gas in die ateljee is Frances le Roux wat oor haar boek, Son en suurlemoene, praat. Antoinette…
21 May 56 min

Boekkeuse - 07 May 24

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Vandag verwelkom ons Chanette Paul, wat met haar jongste roman, Anoniem, haar 50ste Afrikaanse boek vier – ‘n prestasie wat min haar kan namaak! Meer as ‘n jaar na die publikasie…
9 May 57 min