OFM Landbounuus 5 Desember 2023

--:--
Die Suid-Afrikaanse ekonomie het in die derde kwartaal ingekrimp. Vyf nywerhede – landbou, mynbou, vervaardiging, konstruksie en handel – het negatiewe groei aangeteken.

Gesonde grond lewer voedsamer kos en plante wat beter bestand is teen peste en siektes. Produsente moet dus hul verantwoordelikheid nakom ten opsigte van grondbewaring.

Die Departement van Landbou in samewerking met Statistiek Suid-Afrika en die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie, het die 28ste sitting van die Afrika-kommissie vir Landboustatistiek van stapel gestuur.
In breë trekke is die Wes-Kaap (met 53% van die algehele oes), die Noord-Kaap, Vrystaat en Limpopo die provinsies wat verantwoordelik is vir die huidige robuuste nasionale koring-oesvoorspelling.
5 Dec 2023 9AM Afrikaans South Africa News · Earth Sciences

Other recent episodes

John Steenhuisen besoek NAMPO Oesdag

Gegewe die feit dat daar al vir die afgelope 15 jaar beleidsonsekerheid, uitdagings met infrastruktuur en hoë insetkoste bly die landbousektor innoverend en veerkragtig. Die federale leier van die Demokratiese Alliansie, John Steenhuisen het gister NAMPO Oesdag besoek en meen boere gee die land hoop as mens kyk hoe hulle…
15 May 7AM 2 min

Die stand van die varsproduktemark

Varsprodukte markte reg oor Suid Afrika het oor al die jare die geleentheid gebied om produsente en aankopers van vrugte en groente byeen te bring waar vraag en aanbod die ware prys van die produkte kon bepaal. Vandag lyk dit of die behoefte steeds daarvoor bestaan maar dat ander faktore…
9 May 12AM 3 min