
Hondsdolheid: feestydwaarskuwing uitgereik
Loading player...
Die department van landbou waarsku inwoners en vakansiegangers teen hondsdolheid in hoë-risiko areas tydens die feestyd. Hondsdolheid is veral algemeen in Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap asook die grens tussen die Vrystaat en Lesotho. Reggie Ngcobo, woordvoerder van die department het die kusgebiede van Kwa-Zulu Natal en die Oos-Kaap as besonder hoë-risiko gebiede vir hondsdolheid uitgelig.