Mountain Goats brei in 2024 uit

Loading player...
Bergklim-entoesias, Viana van den Heever, stigter van Mountain Goats Summit X, sê volgende jaar brei hulle uit om ook fietsryers en 4x4-voertuie in te sluit, om meer mense in te sluit by hul staptogte om berge te verken.
"As ek ‘n berg sien wil ek bo uitkom en sien hoe lyk dit van bo af," vertel sy vir Charles. "Baie mense is ook onbewus van die name van die berge rondom hulle."
Sy nooi ook nie-kompeterende nuuskieriges om in 2024 hul uitstappies mee te maak.
19 Dec 2023 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Hoë brandgevaar heers vandag in die Laeveld

Vandag is ‘n geen-brand dag nie, sê die Laeveld en platorand-brandbeskermingsvereniging (Lefpa) weens die heersende weerstoestande, hoë brandgevaar en wind. André Scheepers gesels met Sonop Ontbyt oor die Laeveld brandseisoen.
17 Jul 9 min

Diefstal: Wanneer dit nie vreemdelinge is nie

Ons spandeer baie geld om mense uit ons huise en ondernemings te hou, maar hoeveel misdade begin met iemand wat wettig toegang gehad het: 'n kontrakteur, afleweringspersoon of voormalige werknemer? Callum McPherson van Securicon gesels met Laeveld Brunch.
16 Jul 16 min

LOMAC-lugskou eersdaags aangebied

Die Laeveld Modelvliegtuigklub (LOMAC) bied volgende Saterdag 'n lugskou aan. Alec Groenewald en Phillip Lewis gesels daaroor met Sonop Ontbyt.
15 Jul 15 min

Wat is beter: sade of saailinge?

Die organiese groentetuinkundige, Elzabé de Bruyn, was weer in die Saterdag Ontbyt-ateljee saam met Charles om te praat oor wat die beste is, sade of saailinge?
13 Jul 20 min