Boekkeuse - 30 January 24

--:--
In hierdie episode van Boekkeuse, met die volgende verkiesing op die horison, gesels ek met Adriaan Basson en Qaanitah Hunter oor hulle studie, Who will rule South Africa? Skryf en leesvaardighede by kinders is lewensnoodsaaklik en dis waarom Reinette Lombard ‘n Tippie-reeks geskep het. Ek gesels met haar vanuit Pretoria. Joan Hambidge bespreek Kobus Lombard se sesde bundel, Sandskrif. Die wenners van Versindaba se landskapverse-kompetisie se verse word voorgelees, asook ‘n voorlesing deur AJ Opperman uit Ingrid Jonker se nuut gepubliseerde bundel Die papie roer en ek word digter. Koos du Plessis se Versamelde Werke – Erfdeel – 40 jaar later is deur sy dogters in Pretoria bekend gestel. Eon de Vos lees my analise van dié literêre skat voor.
30 Jan Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekkeuse - 16 Julie 24

n hierdie propvol aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons twee ateljeegaste, A M Holder, ‘n jeugboekskrywer wat met haar debuut, Samboksalf en ‘n draaktraan, groot belofte toon, en die digter Martina Klopper wat haar tweede bundel, Kuborg, bekend stel…
16 Jul 55 min

Boekkeuse - 02 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en…
2 Jul 57 min

Boekkeuse - 04 Junie 2024

Hierdie aanbieding van Boekkeuse onder regie van Amanda Botha, is in sy geheel gewy aan skrywers wat in Kaapse Afrikaans of AfriKaaps hulle sonderlinge stories en ervarings met ons deel. Ons verwelkom Nathan Trantraal wat gesels oor sy grafiese roman, Die man wattie kinners vang, en met sy ma, Charmaine…
4 Jun 58 min

Boekkeuse - 21 Mei 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse aangebied deur Amanda Botha het Jaco Barnard-Naudé in die ateljee kom kuier om oor sy digters debuut Om my kastele in Spanje te sloop te gesels. Nog 'n gas in die ateljee is Frances le Roux wat oor haar boek, Son en suurlemoene, praat. Antoinette…
21 May 56 min

Boekkeuse - 07 May 24

Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder. Vandag verwelkom ons Chanette Paul, wat met haar jongste roman, Anoniem, haar 50ste Afrikaanse boek vier – ‘n prestasie wat min haar kan namaak! Meer as ‘n jaar na die publikasie…
9 May 57 min