
Agri SA - wat ons by Franse boere kan leer
Loading player...
Die Franse boere is in ‘n stryd gewikkel met hul regering oor finansiele oorlewing van hul landbousektor en beskerming van die landelike ekonomie in Frankryk. So boere neem in groot getalle deel aan protesoptogte op die hoofweë rondom Parys, waar hul stadig bewegende trekkers die verkeer erg ontwrig en reuse verkeersopeenhopings veroorsaak. Wat kan Suid-Afrika leer by die Franse landbou-omstandighede om soortgelyke ontevredenheid in Suid-Afrika te voorkom? Agri SA adjunk-president, Nicol Jansen, deel sy gedagtes.