Sitrusproduksiekursus bied nuwe geleenthede aan leerders

Loading player...
Met die nuwe skooljaar wat onlangs begin het, gaan 16 hoërskole landwyd vanjaar ook 'n kursus in sitrusproduksie aanbied. Kakamas in die Noord-Kaap is ook een van die gebiede waar die kursus aangebied word. Die Sitruskwekersvereniging van Suider-Afrika (CGA) laat weet die Sitrus Sekondêr-program, wat deur die Sitrusakademie – 'n filiaal van die CGA – aangebied word, skep 'n geleentheid vir leerders om 'n reeds erkende plantproduksie-kwalifikasie op hoërskool te behaal. Jacomien de Klerk, uitvoerende hoof van die Sitrusakademie, sê meer as 450 leerders by die betrokke skole sal na verwagting vanjaar vir die program inskryf. OFM Agri se Robyn Schutte het met haar gesels.
4 Feb 2024 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal kom toenemend voor en Vrystaat Landbou is baie bekommerd daaroor

Veediefstal is 'n georganiseerde misdaad en in bykans alle gevalle kan die inligting wat gegee is om die misdaad te pleeg, deurgetrek word na inligting wat van jou eie plaaswerkers verkry is. Die afgelope week is daar 45 skape in die Steynsrus gebied gesteel, en die lammers is padlangs doodgeslaan…
2 Sep 11PM 7 min