Jaarlikse staptog om 'n plaas te red

--:--
Natuurrampe kom sporadies voor in Sentraal-Suid-Afrika. In sommige gevalle is die natuurramp van so aard dat dit gemeenskappe destabiliseer en ‘n humanitêre krisis veroorsaak. Ons dink aan die uitmergelende droogte van 2014 tot 2021/22 in sentraal en westelike Karoo gebiede. Oor die jare het Red-‘n-Plaas en nou Red-‘n-Gemeenskap ongelooflike goeie werk gedoen om befondsing te verkry om hierdie ramp geteisterde gebiede te ondersteun op verskeie maniere. Die jaarlikse camino stap het baie gewild geraak as deel van die ramp ondersteuning projekte. Agri SA Adjunk-president Nicol Jansen vertel hoe mense betrokke kan raak.
15 Feb 2AM Afrikaans South Africa News · Earth Sciences

Other recent episodes

Trek Suid-Afrika voordeel uit die AGOA-handelsooreenkoms?

Die AGOA-handelsooreenkoms, of African Growth and Opportunity Act, wat handel tussen 32 Afrika lande en Amerika bevorder, is in 2015 vir ‘n periode van 10 jaar gesluit en moet hernu word in 2025. Trek landbou in Suid Afrika voordeel uit hierdie handelsooreenkoms en is dit in belang van SA dat…
25 Jul 3AM 3 min

Die invloed van weer op landbou

Uiterste weersomstandighede het die afgelope maand oor die hele Suid-Afrika gestrek. Van uiterste warm omstandighede in Junie tot kouefronte wat behoorlik ingeryg het in Julie wat groot skade berokken het. AgriSA adjunkpresident, Nicol Jansen gesels met OFM se Shandor Potgieter oor hoe die omstandighede die landbousektor raak?
18 Jul 3AM 3 min

Mylpaal word bereik met oprigting van nuwe skottel

Die SKA of Square Kilometre Array (SKA) teleskoop word gebou buite Carnarvon in die Noord Kaap. ‘n Verdere mylpaal is vandeesweek bereik deur die oprigting van die eerste groot middel skottel van die groot netwerk van skottels wat dan die teleskoop vorm. OFM se Shandor Potgieter gesels met Agri SA…
11 Jul 2AM 2 min

Nasionale sierduifskou in Bloemfontein

Johan Gunter het die nasionale duif- en pluimveeskoue wat tans op die gronde van Bloemskou plaasvind besoek. Hy gesels met Hennie Hatting, skousekretaris by die sierduiwe…
27 Jun 11PM 2 min