Saai loods betredingsveldtog

Loading player...
Onwettige betreding en betreding van private eiendomme het een van die algemeenste misdade geword wat landbouproduksie op klein- en mediumskaalse plase in Suid-Afrika belemmer.

Die landbouorganisasie SAAI sê betreding lei tot ernstiger misdade soos diefstal, onwettige beweiding van vee, beskadiging van eiendom, sny van heinings en die skep van konflik en aanvalle.

Saai Direksievoorsitter Dr. Theo de Jager sê hulle het gevolglik besluit het om 2024 die jaar van die bekamping van onwettige betreding en indringing te maak. Vir dié doel het Saai vendeesweek ’n omvattende veldtog van stapel gestuur om boere te help om weerstand te bied.
OFM se Dane Beisheim het met hom gesels.
20 Feb 2024 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal kom toenemend voor en Vrystaat Landbou is baie bekommerd daaroor

Veediefstal is 'n georganiseerde misdaad en in bykans alle gevalle kan die inligting wat gegee is om die misdaad te pleeg, deurgetrek word na inligting wat van jou eie plaaswerkers verkry is. Die afgelope week is daar 45 skape in die Steynsrus gebied gesteel, en die lammers is padlangs doodgeslaan…
2 Sep 11PM 7 min