Jannie de Villiers gee oorsig van Platteland kongres

Loading player...
Van ‘n gevestigde skaap boer wat ‘n mentorskap deur ‘n vraag op sosiale media gevestig het, tot boere wat self ‘n kliniek opgerig het om gebrekkige mediese dienste aan te spreek, tot die ontwikkeling van kinders in plaasgemeenskappe – die stories van hoop wat op die “Oplossings vir Suid-Afrika se Platteland”-kongres buite Bothaville gedeel is, was uiteenlopend en aangrypend. Voormalige Graan SA hoof-uitvoerende beampte, Jannie de Villiers, het tydens die geleentheid gesê dit is bemoedigend om te sien hoe gemeenskappe bymekaar kom en self inspring om hul probleme aan te spreek OFM Agri se Robyn Schutte het met hom gesels.
25 Feb 2024 10PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal kom toenemend voor en Vrystaat Landbou is baie bekommerd daaroor

Veediefstal is 'n georganiseerde misdaad en in bykans alle gevalle kan die inligting wat gegee is om die misdaad te pleeg, deurgetrek word na inligting wat van jou eie plaaswerkers verkry is. Die afgelope week is daar 45 skape in die Steynsrus gebied gesteel, en die lammers is padlangs doodgeslaan…
2 Sep 11PM 7 min