Meer as 2 000 motorfietse ry saam vir kinders

Loading player...
Altesaam 2 616 motorfietsryers het Saterdag 24 Februarie tussen Jeffreysbaai en Stormsrivier 'n wêreldrekord aangedurf vir die meeste motorfietse ooit wat deelneem aan 'n welwillendheidsrit ten bate van siek kinders. Dit was deel van die vyfde jaarlikse Ride for a Child-veldtog om fondse in te samel om mediese sorg aan beheoftige kinders te lewer. Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa sê hy is baie trots op al die deelnemers. "So ver ons kon vasstel, moes ons meer as 2 000 motorfietse hê om die rekord te breek, maar dit mag 'n paar weke neem om bevestiging te kry.”
26 Feb 2024 Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Uplands-matrieks presteer merkwaardig in 2024

Uplands College is opgewonde oor hul klas van 2024 se uitsonderlike prestasie toe die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) gister hul jongste matriekuitslae bekendgemaak het. Hul merkwaardige prestasies sluit 'n leerling met 10 onderskeidings (Edwin Ferreira), drie leerlinge met sewe onderskeidings (o.a. Max Östlind) en vyf leerlinge met ses onderskeidings elk (insluitende…
14 Jan 13 min

Pumas gerat vir 2025

Die rugbyseisoen skop vanjaar 'n bietjie vroeer af as gewoonlik. Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg van die Pumas gesels met Sonop Ontbyt.
13 Jan 14 min

Junior Ereveldwagters oortref verwagtinge

Chris Daniel het in 2024 die SANParke Junior Ereveldwagters in die Laeveld laat groei. Die sukses het verwagtinge oortref en vanjaar beplan hulle nog groter dinge.
10 Jan 10 min

Kabeldiefstal, kabelfoute hou dele van West Acres in die donker

Sommige inwoners van Blok 14 in West Acres betree vandag die vierde dag sonder elektrisiteit by hul huise. Mbombela het Dinsdagoggend die kragtoevoer onderbreek om noodsaaklike instandhoudingswerk aan die substasie te doen. Dit is intussen afgehandel, maar dele van die area gaan sedertien gebuk onder onbeplande kragonderbrekings. Thea Rix gesels…
10 Jan 11 min

Klapgevegte kry meer skop in Saudi Arabië

Jaco “Groot Wit” Marnaveck, die plaaslike Klapgeveg kampioen, is op pad na Saudi Arabië, waar hy aan die nuwe Power Slap-kompetisie gaan deelneem. Hy gesels met ‘n baie dapper Neels.
9 Jan 16 min