Boekkeuse - 09 April 24
Loading player...
In hierdie propvol aanbieding van Boekkeuse, aangebied deur Amanda Botha, gesels Riette Rust met die forensiese deskundige Dr. Hestelle van Staden oor haar boek, Outopsie. En, die bekende teoloog Dr. Christina Landman gesels oor haar outobiografie, ‘n Lewe. Joan Hambidge bespreek Etienne van Heerden se jongste roman, Gebeente, en Antoinette Coetzee bespreek Anoeschka von Meck se Twa, die tydloper wat in Namakwaland en die Richtersveld afspeel. Ons verken ook kinderboeke vir kinders tussen 3 – 6 jaar oud. Wendy Maartens se Siembamba – 5 in 1 immergroen Afrikaanse kinderrympies, en ook ses lekkerlagstories oor Jakkals en Wolf. Die bundel, Om teen die treine te skreeu, ‘n uitsonderlike versameling van dramatekste vir hoërskoolleerlinge, word bekend gestel, en twee publikasies van die uitgewer Lux Verbi word bespreek – Vind God in die gewone deur Tim Smith en Bybelblokraaie.