Vrystaat boere raadop oor mieliediefstal

Loading player...
Daar heers toenemende kommer oor die groot getalle misdadigers wat op geplante lande toeslaan. In sekere gevalle is daar bussies wat groepe van tussen agt en 15 persone aflaai en dan weer kom oplaai.
Volgens Rudi Jansen van Vuuren, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou in die Allanridge en Odendaalsrus gebied, word daar in sekere gevalle veiligheidswagte oorrompel, boere gedreig en die toerusting gesteel waarmee die wagte moet kommunikeer. In sommige gevalle is van die veiligheidswagte ook by hierdie diefstal betrokke. Johan Gunter hoor meer van Dr Jane Buys veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou.
11 Apr 2024 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal kom toenemend voor en Vrystaat Landbou is baie bekommerd daaroor

Veediefstal is 'n georganiseerde misdaad en in bykans alle gevalle kan die inligting wat gegee is om die misdaad te pleeg, deurgetrek word na inligting wat van jou eie plaaswerkers verkry is. Die afgelope week is daar 45 skape in die Steynsrus gebied gesteel, en die lammers is padlangs doodgeslaan…
2 Sep 11PM 7 min