Vrystaat boere raadop oor mieliediefstal

--:--
Daar heers toenemende kommer oor die groot getalle misdadigers wat op geplante lande toeslaan. In sekere gevalle is daar bussies wat groepe van tussen agt en 15 persone aflaai en dan weer kom oplaai.
Volgens Rudi Jansen van Vuuren, veiligheidsverteenwoordiger van Vrystaat Landbou in die Allanridge en Odendaalsrus gebied, word daar in sekere gevalle veiligheidswagte oorrompel, boere gedreig en die toerusting gesteel waarmee die wagte moet kommunikeer. In sommige gevalle is van die veiligheidswagte ook by hierdie diefstal betrokke. Johan Gunter hoor meer van Dr Jane Buys veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou.
11 Apr 2AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Dr Johnny van der Merwe - vleispryse

Dr Johnny van der Merwe gee die jongste vleispryse en tendense en vergelyk oudergewoonte die rand/dollar wisselkoers en die jongste oliepryse.
7 May 11PM 4 min

Land het krag, maar munisipaliteite kan nie versprei

Suid-Afrika is reeds meer as 40 dae beurtkragvry, maar talle gemeenskappe sit steeds sonder krag, grootliks weens munisipaliteite se onvermoë om dienste te lewer. Minister in die Presidensie verantwoordelik vir elektrisiteit, Dr. Kgosientsho Ramokgopa, het gister tydens sy twee weeklikse terugvoersessie in Pretoria aan die media vertel dat munisipale infrastruktuur…
7 May 11PM 2 min

Oos-Kaap geval van bek-en-klouseer nog nie as uitbreking geag

Daar bestaan tans kommer oor die onlangse geval van Bek-en-Klouseer wat in die Oos-Kaap aangemeld is. Dr Frikkie Maré, Hoofuitvoerende Beampte van die Rooivleisprodusente Organisasie verduidelik dat die regering nog NIE ‘n uitbreking aangekondig het nie…
7 May 11PM 2 min

Veerkragtigheid deel van Suid-Afrikaners se DNA

Tydens die SA Stamboek IQ Elite Seminar oor Veerkragtige Veeproduksie in ‘n Veranderende Wêreld, het mederedakteur van die Vryeweekblad, Anneliese Burgess, ‘n kragtige toespraak gelewer wat die aandag gevestig het op die veerkragtigheid van Suid-Afrikaners te midde van uitdagings.
7 May 11PM 4 min