Polisie op spoor van verdagtes wat juwelierswinkel in Nelspruit beroof
Loading player...
Die polisie is op soek na verdagtes wat na bewering Donderdagoggend 'n juwelierswinkel in Nelspruit beroof het. Twee verdagtes het glo die winkel bestorm, werknemers met vuurwapens gedreig en kontant geëis. Hulle het personeel beveel om die kluis oop te maak en het ook die werknemers van juweliersware, selfone en kontant beroof voor hulle van die toneel gevlug het. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is geen arrestasies nog gemaak nie.