Boks: Daar is groot opwinding in die bokswêreld vir die groot geveg tussen Oleksandr Usyk en Tyson Fury in Saoedi-Arabië op 18 Mei. Die eerste onbestrede swaargewigkampioen sedert Lennox Lewis in 1999 sal na die geveg gekroon word. Beide mans is onoorwonne beroepsboksers. Die 37-jarige Usyk van Oekraïne is die…
Die eens snel-groeiende Chinese eiendomsektor staar 'n regstelling in die gesig, met die borrel wat kan bars. Dit beïnvloed beleggings en verbruikersvertroue, en vertraag ekonomiese groei. 'n Ontleding van die Internasionale Monetêre Fonds wys dat die noue handelsbande tussen China en Afrika suid van die Sahara, 'n beduidende afhanklikheid van…
Die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad moedig alle werkers aan wat op verkiesingsdag gaan werk om môre, voor die sluitingsdatum vir spesiale stemme, te registreer. Die raad doen ook 'n beroep op alle werkgewers om hul werknemers te ondersteun en toe te laat om in die komende algemene verkiesing te…
Die 11de uitgawe van die Ondangwa-handelskou speel steeds 'n deurslaggewende rol in die ekonomiese ontwikkeling van die dorp en die hele streek, volgens stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni. Uutoni het by die opening van die skou gepraat en sê hulle bevorder ook besighede deur aan hulle 'n platform te…
Cleanergy Solutions Namibia se perseel word op Walvisbaai ingewy. Deur gebruik te maak van die O&L-groep se kundigheid in hernubare energie, gekombineer met CMB.TECH se vaardigheid in die vervaardiging en toepassing van toekomstige brandstof, is Cleanergy Solutions Namibia aan die voorpunt van volhoubare energie-oplossings. Die voorsitter van die Ohlthaver en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.