Biden sê Oekraïne kry onmiddellik wapens

--:--
Die Amerikaanse president Joe Biden het die 1,81 triljoen Namibiese dollar buitelandse hulppakket aan Oekraïne, Israel en Taiwan onderteken en sê dit is 'n oorwinning vir wêreldvrede. Die pakket sluit in wetgewing om Russiese bates in Westerse banke te konfiskeer, en nuwe sanksies teen Rusland, Iran en China. Die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky sê die hulp kom op 'n tyd wanneer hulle lugverdedigingstelsels en langafstandvermoëns baie nodig het. Biden sê die VSA sal onmiddellik nuwe wapens en toerusting na Oekraïne stuur:
25 Apr 3AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

SA-publiek moet verkiesings waarneem

Die Suid-Afrikaanse organisasie Defend Our Democracy vra organisasies en individue om verkiesingswaarnemers te word, en by te dra tot die integriteit van die proses. Met 24 dae oor voor die buurland se verkiesing, word burgers aangemoedig om toesig te hou oor die proses. Zaakirah Vadi van die organisasie sê deur…
5 May 5AM 1 min

Droogtehulp werk nie eintlik vir kommunale boere nie

Die streekleierskap in Kavango-Wes het 'n beroep op die Ramprisikobestuurskomitee gedoen om die droogtehulpprogram vir vee te ondersoek, aangesien dit sommige kommunale boere benadeel. Die leierskap het die kwessie geopper tydens die besoek van adjunk-premier John Mutorwa aan die streek om homself te vergewis van die uitvoering van die program…
5 May 4AM 1 min

UDM in SA het kommer oor LGBT-Afrikagemeenskap

Die UDM in Suid-Afrika is bekommerd oor die voortgesette diskriminasie teen LGBT-mense regoor Afrika. Die sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, sê terwyl regs-erkenning vorder, duur diskriminasie voort. Kwessies soos sogenaamde regstellende verkragting en haatmisdade kom steeds voor. Zigebe sê die UDM vra 'n LGBT-inklusiewe leerplan in skole om diversiteit en gemeenskapsdeelname aan…
5 May 4AM 1 min

Verborge koste van voedsel bekend

Die jongste Stand van Voedsel en Landbou-verslag van die Voedsel- en Landbou-organisasie, kyk na die ware koste van voedsel vir volhoubare landbou-voedselstelsels. Die verslag stel die konsep van verborge omgewings-, gesondheids- en maatskaplike koste en die voordele van landbouvoedselstelsels bekend. Dit stel 'n benadering getiteld "ware koste-berekening" voor om dit…
5 May 2AM 1 min

ANC vol vertroue hy sal Wes-Kaap verower

Die ANC-woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri is vol vertroue oor die party se verkiesingsvooruitsigte in die Wes-Kaap. Peilings dui aan die ANC sal nie meer as 35-persent van die stemme in die Wes-Kaap kry nie, waar werkloosheid en misdaad hoog op die agenda is. Bhengu-Motsiri meen egter die steun van inwoners dui…
5 May 2AM 1 min