Warriors, Dolphins pak mekaar in tweede T20-uitdaging halfeindstryd

--:--
Krieket: Die Warriors en die Dolphins sê mekaar vanaand in Durban die stryd aan in die tweede halfeindstryd van die KSA T20-uitdaging. Die wenner kom te staan teen die Lions, wat gisteraand 'n tuis-eindstryd ingepalm het met 'n oortuigende oorwinning oor die Titans. Die Warriors het deurgedring na die uitklopronde, al het hulle die laaste vier wedstryde verloor. Hulle kaptein, Matthew Breetzke, sê enigiets kan in 'n halfeindstryd gebeur.
25 Apr 9AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Napso-sportweek 'n dawerende sukses

Die Namibiese Privaatskole-organisasie, Napso, se sportweek het sopas by die privaatskool Elnatan in Stampriet plaasgevind. Sowat 3 600 leerlinge van 21 privaatskole in Namibië het deelgeneem aan Onder-7 tot Onder-19 rugby, netbal en hokkie, asook in skaak-, tennis- en boogskietkompetisies. Wouter Niehaus, die uitvoerende hoof van Napso, het met Kosmos…
6 May 10AM 1 min

MIV, Vigs-oordrag van moeders na kinders al hoe beter bekamp

Sedert 2003 het die Verenigde State se program in Namibië, Pepfar, die MIV en Vigs getalle drasties laat afneem. Volgens die minister van gesondheid, dr. Kalumbi Shangula het Namibië baie goeie vordering gemaak met die bekamping van MIV en Vigs-oordrag van moeders na kinders. Die minister het die aankondiging gemaak…
6 May 10AM 1 min

Ons herdenk Cassinga, waarom nie volksmoord?

Namibië het Saterdag Cassinga-dag herdenk met 'n openbare vakansiedag ter herinnering van die honderde vroue, kinders en mans wat op 4 Mei 1978 by die SWAPO militêre kamp in die dorp Cassinga in Angola gesterf het. Namibiërs het na sosiale media gestroom om te vra waarom die sowat 80 000…
6 May 10AM 1 min

IPPR takel korrupsie in olie-, gas-, groenwaterstof-bedrywe

Lüderitz sal die episentrum vir Namibië se nuwe olie-, gas- en groenwaterstofbedrywe wees. Daar is egter kommer oor moontlike korrupsie en hoe daar verseker kan word dat Namibiërs in die algemeen voordeel trek uit die ontwikkelings. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, IPPR, bied môre 'n Streeks-teenkorrupsie konferensie by die Lüderitz…
6 May 10AM 1 min

SA 400m-aflosspan kwalifiseer vir Olimpiese Spele

Atletiek: Suid-Afrika se vier-maal-400-meter aflosspan het gekwalifiseer vir die Olimpiese Spele tydens die Wêreld-afloskampioenskap in die Bahamas, wat oorheers is deur Amerika. Die Verenigde State het vier uit die vyf goue medaljes gewen. Wayde van Niekerk het Suid-Afrika gehelp om silwer in hulle item te wen, saam met Gardeo Isaacs,…
6 May 9AM 1 min