Boekkeuse - 07 May 24

--:--
Welkom by ons aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met my, Amanda Botha, as aanbieder.
Vandag verwelkom ons Chanette Paul, wat met haar jongste roman, Anoniem, haar 50ste Afrikaanse boek vier – ‘n prestasie wat min haar kan namaak! Meer as ‘n jaar na die publikasie van die baie gewilde Murasie, verskyn Anoniem, die persoonlikste van al haar boeke tot op hede. In hierdie onderhoud vertel sy oor haar skrywersloopbaan en doen sy voorspraak vir die noodsaaklikheid van ontspanningsfiksie in Afrikaans – na alles hou dit ons immers in Afrikaans aan die lees!
Drie romans kom aan bod. Antoinette Coetzee bespreek Mariël le Roux se laaste roman, Donkertyd, my naam is Tina, wat postuum verskyn het. Ons onthou haar wenk aan haar dogter:” Eendag wanneer jy jou eie roman skryf. Onthou jou leser – die leser is die belangrikste deel van die storie.”
Riette Rust bespreek Marita van der Vyver se jongste roman, Laaste kans, ‘n vervolg op Wegkomkans waar ‘n vriendekring na jare bymekaarkom om ‘n 70ste verjaarsdag langs die Weskus te vier. Dit is ‘n verhoudingsroman wat vriendskap en menslikheid vier met die bewustheid van verbygaande tyd en ouer word.
Elmarie Waltman bespreek Elsa Winckler se roman, Engele in Kosmoslaan. Die tema ondersoek weerloosheid en broosheid onder ‘n vriende groep. Vriendinne hier is nie net ‘n netwerk nie.
Joan Hambidge bespreek Lynthia Julius se tweede digbundel, Kinderlê, ‘n knap opvolg op haar bekroonde debuut, Uit die kroes. In Kinderlê – die titel verwys na ‘n historiese gebeure waar Nama kinders uitgewis is. Sy tree ook in gesprek met ouer Afrikaanse digters, N P van Wyk Louw en Antjie Krog.
Die gevierde Afrikaanse skrywer, Rachelle Greeff, stel ook haar nuwe Slypskool vir voornemende skrywers bekend. Sy is ‘n suksesvolle mentor vir nuwe en ontluikende skrywers. Sy sê dat skryf oor stêre op stoele is want dit alleen die gedroomde ster status vooruit. Wie kan daarmee stry?
9 May Afrikaans South Africa Arts · Books

Other recent episodes

Boekeuse - 28 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met, Amanda Botha as aanbieder: Dis vir ons 'n groot voorreg om vir Zenobia Kloppers, bekende aktrise, skrywer en sanger as ons ateljeegas te verwelkom. Sy gesels met Otto van der Walt oor Oerlied, 'n liedboek wat sy…
28 Aug 56 min

Boekkeuse - 14 Augustus 24

In hierdie aanbieding van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: ‘n Digbundel van besondere belang, Joan Hambidge bespreek Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais. As ateljeegas, gesels Bettina Wyngaard oor haar bundel Wat sê Bettina? en sê sy weer haar sê…
14 Aug 45 min

Boekkeuse - 30 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder: Onrus op Steynshoop, jongste roman van die veel bekroonde skrywer, Ingrid Winterbach, word deur Joan Hambidge bespreek. Ons verwelkom twee ateljeegaste, die digter en dramaturg, Pieter Odendaal, en die literator en akademikus, prof…
30 Jul 56 min

Boekkeuse - 16 Julie 24

n hierdie propvol aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons twee ateljeegaste, A M Holder, ‘n jeugboekskrywer wat met haar debuut, Samboksalf en ‘n draaktraan, groot belofte toon, en die digter Martina Klopper wat haar tweede bundel, Kuborg, bekend stel…
16 Jul 55 min

Boekkeuse - 02 Julie 24

In hierdie aflewering van Boekkeuse, ons gereelde program oor skrywers en boeke met Amanda Botha as aanbieder, verwelkom ons drie ateljeegaste en bespreek drie boeke met uiteenlopende temas. Medewerker en kollega, Riette Rust, praat, as skrywer, oor haar eie boek, Die geskenk. Anschen Conradie is Riette Rust se ateljeegas en…
2 Jul 57 min