Klimaatsverandering: verantwoordelikheid lê ook by produsente

Loading player...
Produsente kan nie van die realiteit van klimaatsverandering wegskram nie. Tydens vandag se eerste Nasie in Gesprek paneelbespreking by Graan SA se NAMPO Oesdag, het Agri SA hoof uitvoerende beampte, Johann Kotzé, gesê dat landbouers nie nog reëls en wetgewing nodig het om verantwoordelik te boer nie. Hy meen dat samewerking op alle vlakke – vanaf die regering, die bedrywe en die boere self nodig is om klimaatsverandering aan te spreek. Op sy beurt vertel Rooivleisbedryfdienste (RMIS) se Dewald Olivier dat die verantwoordelikheid by die produsent en die bedryf lê.
14 May 2024 7AM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal kom toenemend voor en Vrystaat Landbou is baie bekommerd daaroor

Veediefstal is 'n georganiseerde misdaad en in bykans alle gevalle kan die inligting wat gegee is om die misdaad te pleeg, deurgetrek word na inligting wat van jou eie plaaswerkers verkry is. Die afgelope week is daar 45 skape in die Steynsrus gebied gesteel, en die lammers is padlangs doodgeslaan…
2 Sep 11PM 7 min