Noordwes produsente besorg oor winterweiding

Loading player...
Die rooivleisbedryf is ’n groot ekonomiese drywer in die Noordwesprovinsie en minder gunstige weidingstoestande kan vanjaar ’n demper op produksie plaas. Naudé Pienaar, adjunk-hoofbestuurder van Agri Noordwes, vertel daar was vir ’n geruime tyd nie genoegsame reën tydens die groeiseisoen nie en dat dit ’n lang, moeilike winter gaan wees. Op sy beurt maan Agri Noordwes en Noordwes RPO hoofbestuurder, Boeta du Toit, teen die gevaar van veldbrande in hierdie tyd.
20 May 2024 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Veediefstal kom toenemend voor en Vrystaat Landbou is baie bekommerd daaroor

Veediefstal is 'n georganiseerde misdaad en in bykans alle gevalle kan die inligting wat gegee is om die misdaad te pleeg, deurgetrek word na inligting wat van jou eie plaaswerkers verkry is. Die afgelope week is daar 45 skape in die Steynsrus gebied gesteel, en die lammers is padlangs doodgeslaan…
2 Sep 11PM 7 min