Noordwes produsente besorg oor winterweiding

Loading player...
Die rooivleisbedryf is ’n groot ekonomiese drywer in die Noordwesprovinsie en minder gunstige weidingstoestande kan vanjaar ’n demper op produksie plaas. Naudé Pienaar, adjunk-hoofbestuurder van Agri Noordwes, vertel daar was vir ’n geruime tyd nie genoegsame reën tydens die groeiseisoen nie en dat dit ’n lang, moeilike winter gaan wees. Op sy beurt maan Agri Noordwes en Noordwes RPO hoofbestuurder, Boeta du Toit, teen die gevaar van veldbrande in hierdie tyd.
20 May 2024 11PM English South Africa Business News · Business

Other recent episodes

Mikroskopiese wonderwêreld van aalwurms

Vandeesweek staan OFM Agri ‘n bietjie stil by die mikroskopiese wonderwêreld van aalwurms. In die eerste episode hoor Elzette Boucher-Kruger meer oor wat hierdie klein organismes is en waar hulle aangetref word met Anke de Smidt, 'n PhD-student aan die departement dierkunde en entomologie aan die Universiteit van die Vrystaat.
23 Mar 11PM 4 min

NWK ysters sweet vir goeie doel – en jy kan deel wees

NWK, Suid-Afrika se oudste landboumaatskappy, gaan vanjaar ’n opwindende uitdaging aanpak om fondse in te samel vir Agri Securitas en bewustheid te kweek vir landelike veiligheid. OFM Inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Kruger, het met Alf White, die NWK-groep se finansiële hoof, gesels.
23 Mar 11PM 9 min